Christene eis vrye spraak leiding van Scotland Yard hoof

Brittanje se mees senior polisieman is aangemoedig om riglyne aan sy beamptes uit te reik om Christene se regte op vrye spraak te beskerm, te midde van bewerings dat hulle gebuk gaan onder intimidasie en diskriminasie deur die polisie. Christelike aktiviste het 'n beroep op sir Bernard Hogan-Howe, die Metropolitaanse Polisiekommissaris, gedoen om al sy beamptes in te lig dat dit wettig is om tradisionele Bybelleringe aan te haal wat homoseksualiteit as 'n sonde beskryf wanneer hulle in die openbaar praat. Die kampvegters sê vryheid van spraak word bedreig ná 'n reeks gevalle waarin straatpredikers gearresteer is vir die lewering van preke wat verwys na die tradisionele Christelike siening van homoseksualiteit. Andrea Williams, die direkteur van die CLC, het aan sir Bernard geskryf en daarop aangedring dat menseregtewette Christene toelaat om hul opreg gehuldigde standpunte uit te druk sonder vrees vir arrestasie, mits hulle nie 'n skending van die vrede aanhits nie. Mev Williams het voorgestel dat Christene “bang” word om hul wettige sienings uit te spreek as gevolg van die polisie se “intimiderende taktiek”.

Bid: vir die polisie in hul moeilike rol maar dat hulle die wettigheid van vrye spraak in hierdie sake sal erken. (Deut.32:1)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/10206335/Christians-demand-free-speech-guidance-from-Scotland-Yard-chief.html