Christene 'n minderheid by 'bevooroordeelde' BBC

Die BBC het meer ateïste en nie-gelowiges in diens as Christene, het 'n interne 'diversiteit'-opname bevind. Die nuwe navorsing is aangegryp deur kritici wat die Korporasie beskuldig van vooroordeel teen die Christendom en die marginalisering van die geloof in sy uitset. Die opname het bevind dat net 22,5 persent van alle personeel voorgegee het dat hulle Christene is. BBC-veteraan Roger Bolton, wat tot onlangs BBC Radio 4 se godsdienstige aktualiteitsprogram Sondag aangebied het, het gesê: 'Daar is 'n ingeboude maar onbewustelike vooroordeel teen godsdiens, aangevuur deur die feit dat personeel nie verteenwoordigend van die publiek is nie. Dit is nie 'n sameswering nie, maar dit het 'n regstelling nodig.' Peter Kearney, woordvoerder van die Rooms-Katolieke Kerk in Skotland, het gesê die statistieke bevestig die oortuiging dat die BBC 'institusioneel nie in staat is om die samelewing wat dit dien te weerspieël nie, aangesien BBC-personeel nie verteenwoordigend is van die gehoor na wie hulle uitsaai nie'.

Bid: vir die BBC en hul werk, dat dit 'n beter gebalanseerde siening van ons samelewing, insluitend die Christelike gemeenskap, kan bied. (Ps.11:7)

Meer: http://www.dailymail.co.uk/news/article-2069649/Christians-minority-biased-BBC.html