Die eerste minister, David Cameron, het gepraat van die 'enorme bydrae wat die Christendom gemaak het' tot Brittanje. In 'n Paasboodskap het hy gesê dat die seisoen 'ons almal herinner om ons gewete te volg en nie te vra waarop ons geregtig is nie, maar wat ons vir ander kan doen. Dit leer ons van liefdadigheid, deernis, verantwoordelikheid en vergifnis. Maak nie saak watter gelowe ons volg nie, dit is waardes wat tot ons almal spreek,' het mnr Cameron bygevoeg. Sy woorde het gekom voor 'n vergadering Woensdag met senior Christenleiers in Downingstraat vir 'n Paasfeesviering. Woensdag se nommer 10-vergadering het verteenwoordigers van verskeie denominasies ingesluit en word voorgehou as 'n onderskrywing van Brittanje se Christelike erfenis en identiteit. Dit is die mees eksplisiete uitreik na Christelike groepe deur die Britse regering in onlangse tye. Vorige staatsgeleide betrokkenheid by godsdiens het byna uitsluitlik op Moslems en die Islamitiese geloof gefokus.
Bid: dat diegene in die openbare oog sal aanhou om ons Christelike erfenis te erken. (Mt.10:32)