Print this page

Christen studente en 'Gebede van Vryheid'

Meer as 200 mense van regoor die wêreld het die naweek in Manchester-katedraal bymekaargekom vir 'n Taizé-diens by kerslig, terwyl die Student Christian Movement (SCM) 'n groei in belangstelling onder studente vier. Die diens op Saterdag 23 Oktober 2010 was die hoogtepunt van die 'Prayers of Freedom'-naweek wat deur SCM en die Taizé-gemeenskap gereël is, wat studente en jong volwassenes van meer as twaalf verskillende lande bymekaar gebring het, baie van hulle wat in Brittanje studeer het. Die sukses van die 'Prayers of Freedom'-geleentheid is die jongste aanduiding van 'n groeiende belangstelling onder studente in 'n Christelike geloof wat spiritualiteit, gebed en aksie vir sosiale geregtigheid verbind, sê SCM. Die SCM-konferensie in Februarie 2010 het die hoogste opkoms vir 20 jaar gehad, en organiseerders van die 2011-konferensie, wat van 4-6 Februarie sal plaasvind, hoop op die hoogste opkoms sedert die 1970's.

Bid: vir die studentegemeenskap en die SCM dat baie meer op die Evangelieboodskap sal reageer. (Ps.119:9)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/13405