Christelike straatprediker in Skotland gearresteer

'n Christelike straatprediker is Woensdag in Perth gearresteer vir 'vredesbreuk'. Eerwaarde Josh Williamson, pastoor van Craigie Reformed Baptist Church, is die derde Christelike straatprediker wat sedert Julie in die VK gearresteer is. Die Christian Legal Centre, wat sy inhegtenisneming aangemeld het, het gesê die neiging dui op ''n toenemende vyandigheid teenoor die Christendom'. Mnr. Williamson, wat gereeld die strate invaar om Christelike pamflette uit te deel en aan opelugprediking deel te neem, is gearresteer terwyl hy 'n skare in een van die hoofstrate in Perth toegespreek het. Die arresterende polisiebeampte het vir hom gesê hy oortree die wet deur 'vredesbreuk' te wees. Toe hy gevra is om verder te verduidelik, het die beampte aangevoer dat die MP3-opnemer wat mnr Williamson gebruik het, te hard was. 'n Tweede man, wat gepraat het ter verdediging van mnr Williamson se reg om te preek, is ook op die toneel in hegtenis geneem. (Sien Gebedswaarskuwing 28-2013, 31-2013, 37-2023)

Bid: dat die owerhede duidelike leiding oor vryheid van spraak sal uitreik. (Ps.58:1)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christian.street.preacher.arrested.in.scotland/34071.htm