Print this page

Christelike straatprediker weer in Skotland gearresteer

’n Kerkpredikant in Skotland is vir die tweede keer in ’n week gearresteer terwyl hy straatpreek. Eerw Josh Williamson is verlede week in hegtenis geneem vir 'vredesbreuk' en weer Saterdag in verband met dieselfde aanklag. Albei arrestasies het plaasgevind terwyl hy in Perth High Street gepreek het. Ná sy arrestasie Saterdag sou hy tot Maandag in aanhouding gehou word, maar is Saterdagaand om 21:30 vrygelaat nadat hy vir meer as vyf uur in die selle aangehou is. Mnr Williamson het gesê dat hoewel hy vrygelaat is, hy onseker is of dit die einde van polisie-optrede teen hom is. "Dit is moeilik om vir jou te sê wat gaan gebeur, aangesien ons nie weet nie," het hy aan ChristianToday.com gesê. 'Ek is in hierdie stadium vrygelaat terwyl die polisie beoordeel of hulle my gaan aankla. Ek moet net wag om te sien wat gebeur.' (Sien ook Gebedswaarskuwing 39; 37; 31 & 28-2013) Bid: vir mnr Williamson en ander straatpredikers dat hulle sal aanhou om op te staan teen druk van die owerhede. (1Kor.9:18) Meer: http://www.christiantoday.com/article/christian.street.preacher.arrested.again.in.scotland/34157.htm