Christen afgedank ná Islamitiese teistering soek gehoor in Europa

'n Christenwerker wat uit haar werk by die Heathrow-lughawe ontslaan is, het toestemming gekry om 'n uitspraak deur 'n dienstribunaal te betwis wat haar sonder enige regte ingevolge dienswet gelaat het. Verlede jaar het 'n Employment Tribunal bevind dat Nohad Halawi nie tegnies in diens was nie, so sy het geen beskerming ingevolge dienswetgewing nie, ten spyte van die feit dat sy 13 jaar by Heathrow gewerk het. Maar die Employment Appèl Tribunaal in Londen het toegelaat dat hierdie besluit geappelleer word. Mev Halawi het by 'n belastingvrye winkel by Heathrow Terminal 3 gewerk. Maar die bestuur het haar 'lugpas' weggeneem – wat beteken dat sy nie kon voortgaan om by die lughawe te werk nie – nadat Moslem-kollegas ongegronde klagtes oor haar gedrag gemaak het. Mev Halawi het opgestaan vir 'n Christen-kollega wat deur Islamitiese personeel geteister word en by die bestuur gekla oor persoonlike mishandeling en teistering deur Islamitiese personeellede oor haar Christelike geloof.

Bid: vir mev. Halawi en dat die Employment Appèltribunaal by haar volgende verhoor sal saamstem dat sy in diens was en die beskerming van die wet verdien. . (Ps.145:18)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/employment/christian-woman-sacked-after-islamist-harassment-granted-application-to-appe