Print this page

Christenprediker beboet omdat hy oor homoseksualiteit gepraat het

’n Skotse hof het ’n straatprediker met £1 000 beboet nadat hy ’n vraag oor homoseksualiteit beantwoord het. Shawn Holes, wat 'n Amerikaner is, is oornag in 'n polisiesel aangehou en toe aangekla van 'n verbreking van die vrede. Die beskuldiging was dat hy 'homofobiese opmerkings' gebruik het wat 'vererger is deur godsdienstige vooroordeel'. Kommer oor vryheid is geopper dat hierdie saak wys dat godsdiensvryheid bedreig word. Een kommentator het die aanklagte teen die prediker as 'grotesk' beskryf. Shawn Holes was in Skotland saam met 'n groep Amerikaanse kollegas wat oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe gepreek het. 'Ek het oor die algemeen oor Christenskap en sonde gepraat', het hy gesê. Hy het voortgegaan: 'Ek het net oor hierdie ander kwessies gepraat omdat ek spesifiek gevra is. Mnr Holes het later gesê: 'Dit het gevoel soos 'n opset deur gay kampvegters.' Mnr Holes se prokureur het gesê: "Hierdie saak bring belangrike kwessies oor die raakvlak tussen die strafreg in Skotland, vryheid van spraak en godsdiensvryheid."

Bid: teen die progressiewe beperking op vrye spraak en godsdiensvryheid soos in hierdie voorval getoon. (Ga.5:1)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/christian-preacher-fined-for-speaking-on-homosexuality/