Christene het hul werk in skole verdedig na aanleiding van sterk kritiek en beskuldigings van proselitisering van die National Secular Society. Die NSS beweer in sy nuwe verslag, 'Evangelisasie in staatskole', dat openbare gefinansierde skole 'geteiken en uitgebuit' word deur evangeliese Christelike groepe met die doel om jongmense tot die geloof te bekeer. "Ons twyfel nie dat leerlinge se opvoeding verbeter kan word deur die insette wat deur eksterne bydraers gemaak word nie, maar dit blyk duidelik uit die bewyse dat baie eksterne skoolbesoekers primêr gemoeid is met evangelisasie eerder as opvoeding," lui die verslag. Die NSS sê ouers en skole behoort 'diep bekommerd' te wees oor evangeliese Christelike groepe wat godsdiensonderrig, skoolaanbidding, pastorale werk, gebedsruimtes en Bybelgebaseerde klubs in staatskole 'sonder ouers se medewete en met min, indien enige, geleentheid vir ontrekking'.
Bid: dat die werk van Christene nie gestaak sal word as gevolg van die NSS-aansprake nie, maar dat God sal aanhou om hulle te seën. (Ps.67:7)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/christian.contribution.to.schools.defended/34345.htm