’n Christelike raadslid het gepraat van haar teleurstelling omdat sy ontslag uit die Groen Party in die gesig staar omdat sy gay-huwelike teenstaan. Christina Summers, 'n lid van Brighton and Hove Council, is deur die Party ondersoek nadat sy gepraat en teen 'n mosie gestem het ter ondersteuning van die regering se planne om selfdegeslaghuwelike in te stel tydens 'n raadsvergadering in Julie. Sy het dit gedoen op grond van haar Christelike oortuiging dat die huwelik 'n verbintenis tussen 'n man en 'n vrou is. ’n Dissiplinêre ondersoekpaneel is deur die Groen Party saamgestel om die ondersoek uit te voer. Die paneel het Maandag aanbeveel dat raadslid Summers uit die Party geskors word. Raadslid Summers het gesê hoewel sy nog nie formeel afgedank is nie, is dit onwaarskynlik dat die Party van plan sal verander ná die openbare aankondiging van die paneel se aanbeveling. Die paneel het geen magtiging om die aanbeveling uit te voer nie, wat eerder aan Groenparty-raadslede voorgelê moet word om oor te stem en te bekragtig.
Bid: vir diegene in die openbare amp dat hulle hul Christelike oortuigings met vrymoedigheid sal uitspreek en nie terughou nie. (Joh.7:18)