Die Christelike algemene praktisyn wat verlede maand as 'n regering se dwelmadviseur aangestel is (Sien Gebedswaarskuwing 04-2011) is nou afgedank omdat hy mede-skrywer was van 'n studie wat homoseksualiteit en kinderseksmisdrywe verbind het. Dr Hans-Christian Raabe, 'n gerespekteerde huisdokter, is verlede maand deur die binnelandse kantoor op die Adviesraad oor die Misbruik van Dwelms (ACMD) aangestel. Maar omdat dr Raabe nie sy betrokkenheid by die 2005 wetenskaplike studie verklaar het nie, is sy aanstelling nou op omstrede wyse teruggetrek, 'n besluit wat heelwat kritiek uitgelok het. Dr Raabe het gesê: 'My aanstelling is teruggetrek op grond van die verkeerde persepsie dat ek moontlik teen gay mense kan diskrimineer – iets wat ek nog nooit gedoen het nie, nie in my privaat of professionele lewe nie.' Hy het bygevoeg: 'My aanstelling is bloot teruggetrek as gevolg van my siening oor sake wat heeltemal nie met dwelmbeleid verband hou nie.' Sy kommer is weerspieël deur Colin Hart, Direkteur van The Christian Institute, wat gewaarsku het: 'Dit lyk of politieke korrektheid lewendig is by die binnelandse kantoor.'
Bid: vir dr Raabe en bid teen swak besluitneming gebaseer op swak ingeligte politieke korrektheid. (Jes.26:13)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/christian-gp-ditched-from-drugs-panel-over-gay-row/