Print this page

Christen dokters steun huisdokter oor 'Jesus' opmerkings

Die waghond vir mediese standaarde staar 'n terugslag van dokters in die gesig nadat hy 'n Christelike algemene praktisyn gekeur het wat sy persoonlike oortuigings met 'n pasiënt van 'n ander geloof geopper het. Dr Richard Scott, 'n huisdokter met 28 jaar ondervinding, staar dissiplinêre stappe in die gesig en vrees dat hy sy werk kan verloor nadat hy verlede jaar sy geloof in Jesus met 'n pasiënt bespreek het. Die 50-jarige word deur die Algemene Mediese Raad ondersoek, maar Christelike dokters het tot sy verdediging gekom en die manier waarop die professionele standaardreguleerder die saak hanteer het, gekritiseer. In 2010 het dr Scott, wat by Bethesda Mediese Sentrum in Margate, Kent werk, 'n praktyk wat bekend is vir sy Christelike vennote, 'n pasiënt op versoek van die pasiënt se ma gesien. Hy hou vol dat hy eers aan die einde van die konsultasie en met die pasiënt se toestemming bespreek het hoe sy geloof in Jesus hom gehelp het. Dr Peter Saunders, uitvoerende hoof van die Christian Medical Fellowship, het gesê 'Dit lyk vir my of die GMC oorreageer het deur hom te sensuur.'

Bid: vir Dr Scott in hierdie tyd van persoonlike uitdaging en vir die GMC om hul siening in hierdie geval te heroorweeg. (Ps.89:21)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/8529595/Christian-doctors-back-GP-over-Jesus-remarks.html