’n 57-jarige kinderwerker wat gedwing is om te bedank oor haar begeerte om nie op Sondae te werk nie, het Maandag voor ’n indiensnemingstribunaal verskyn. Celestina Mba het vir meer as drie jaar by die Brightwell Kinderhuis in Morden gewerk, 'n uitstelhuis vir kinders met gestremdhede. Sy is in 2010 gedwing om te bedank nadat haar werkgewer verkies het om nie meer haar Christelike oortuigings te akkommodeer nie. Haar oortuigings is aanvanklik gerespekteer deur haar werkgewer, die London Borough of Merton, wat voor sy die werk begin het ingelig is dat sy probleme sou ondervind om op 'n Sondag te werk. Maar die Raad het later van plan verander en sy was gedwing om te kies tussen haar werk of haar geloof. Andrea Williams, Direkteur van die Christen
Regsentrum het gesê: 'Dit is nog 'n geval waar ons onverdraagsaamheid teenoor die Christelike geloof en 'n gebrek aan bereidwilligheid sien om akkommodasie daarvoor te maak.'
Bid: dat die uitspraak deur die indiensnemingstribunaal omgekeer sal word en geregtigheid sal seëvier. (Job.9:19)