150 jaar gelede het die Metodiste Kerk grond in die garnisoendorp Aldershot gekoop om 'n plek van aanbidding te voorsien vir die mans wat in die kamp gestasioneer is. Die Metodistekonferensie het 150 jaar van hierdie bediening gevier, wat ondersteuning verleen het aan militêre personeel en hul gesinne deur meer as 15 konflikte, van Britse koloniale bewind in Suid-Asië tot die voortslepende oorlog in Afghanistan. Eerwaarde Stephen Hancock, 'n weermagkapelaan van Abingdon, het gesê; 'Van die hoofman oor honderd by die Kruis tot kapelane wat vandag in die VK of oorsee dien – vloot, weermag en lugmag – blyk dit min verander te het. Mense moet steeds die liefde van God ervaar op plekke waar oorlog die norm is. Dit is nie altyd aangenaam nie, nie altyd lekker nie, nie altyd lonend nie, maar dit is deel van die Groot Opdrag om te 'gaan' en ons min wat vandag dien, druk voort in die hoop dat ons mense na die Seun van God kan lei.'
Bid: vir alle kapelane wat in plekke van oorlog werk dat hulle veilig sal wees en dat hulle die Evangelieboodskap as 'n lig in 'n donker plek mag hou. (Joh.12:46)
Meer: http://www.methodist.org.uk/index.cfm?fuseaction=opentogod.newsDetail&newsid=449