Print this page

Veranderende gesig van Skotland sal groot Kirk-hervormings beteken

Die Kerk van Skotland het groot planne aangekondig oor hoe dit beoog om te worstel met die veranderende gesig van die bediening in Skotland. Verslae van die Ministerieraad en Paneel oor Hersiening en Hervorming, wat deur kommissarisse by die Algemene Vergadering oorweeg sal word, bevestig dat die Kerk nou moet herstruktureer as dit in die toekoms gaan groei, veral met die huidige finansiële klimaat. In 2010 begroot die Ministerieraad vir 'n tekort van £5,7 miljoen – 'n 'onvolhoubare' situasie. Aangesien bedieninge 87 persent van bedienings- en sendingfondse van gemeentes ontvang, stel die begrotingstekort 'n probleem vir die hele Kerk en nie net die Raad nie. Die verslae waarsku dat indien 'n gebalanseerde begroting nie in die volgende paar jaar bereik word nie, die Raad se hulpbronne uitgeput sal wees en nie in staat sal wees om die bediening regoor die land te onderhou nie.

Bid: vir God se leiding vir die Kerk van Skotland sodat enige hervormings die Kerk beter kan help om in die behoeftes van die mense van Skotland te voorsien. (Spr.1:5)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/11991