Katastrofiese antibiotika-bedreiging: 'onbehandelbare infeksies' kom

Gesondheidsbeamptes in die Verenigde Koninkryk waarsku teen moontlike katastrofiese gevolge ná die opkoms van antibiotika-weerstandige bakterieë. Een van die redes waarom antibiotika-weerstand aan die toeneem is, is die feit dat bakterieë vinniger aanpas as wat navorsers nuwe middels kan ontwikkel om hulle te beveg, volgens Engeland se mediese hoofbeampte. "Antimikrobiese weerstand hou 'n katastrofiese bedreiging in. As ons nie nou optree nie, kan enige een van ons oor 20 jaar in die hospitaal gaan vir 'n klein operasie en sterf as gevolg van 'n gewone infeksie wat nie met antibiotika behandel kan word nie," het Sally Davies. die hoof mediese beampte vir Engeland, aan Reuters gesê. Sy het bygevoeg dat daar die afgelope paar dekades net 'n paar middels suksesvol ontwikkel en op die mark beskikbaar gestel is wat tot die huidige situasie gelei het. Dit beteken ook dat prosedures wat vroeër as roetine beskou is, 'n ernstige gesondheidsrisiko vir pasiënte kan inhou.

Bid: vir die werk van mediese navorsers terwyl hulle poog om nuwe oplossings vir hierdie probleem te vind. (Hand.10:38)

Meer: http://global.christianpost.com/news/catastrophic-antibiotic-threat-untreatable-infections-coming-uk-and-us-doctors-warn-91611/