Kampvegters teen armoede doen 'n beroep op mense om Facebook vir 'n dag af te skakel in protes teen die maatskappy se beweerde belastingvermyding. Die Facebook-verduistering is geïnisieer deur Church Action on Poverty nadat dit aan die lig gekom het dat die maatskappy £196 000 aan korporatiewe belasting betaal het op geskatte Britse verkope van £175 miljoen in 2011. Facebook-gebruikers word versoek om beelde te deel wat die daglange inisiatief adverteer op 1 Desember en laat 'n boodskap wat hulle vriende vertel hoekom hulle afskakel. CAP hoop dat die boodskap viraal sal word en ander Facebook-gebruikers sal waarsku oor die maatskappy se omstrede belastingpraktyke. Nasionale koördineerder Niall Cooper het gesê: 'Ondanks mediadekking sal baie van Facebook se 43 miljoen gebruikers onbewus wees van die maatskappy se belastingontduiking. CAP neem deel aan die protes as deel van 'n wyer poging om die regering te laat toeslaan op belastingontduiking.' (Sien ook Gebedswaarskuwing 47-2012)
Bid: vir die sukses van hierdie veldtog teen die maatskappye wat korporatiewe belasting vermy. (Mark.12:14)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/campaigners.to.switch.off.facebook.over.tax.dodging/31148.htm