Oproep vir verandering aan openbare orde wet

Christelike hoteliers van Liverpool wat aan 'n kriminele verhoor onderwerp is as gevolg van opmerkings wat hulle oor Islam gemaak het, het gevra vir 'n verandering aan die wet. Ben en Sharon Vogelenzang, wat verlede Desember onskuldig verklaar is, is ingevolge artikel 5 van die Wet op Openbare Orde vervolg nadat 'n vroulike Moslem-gas gekla het dat sy aanstoot geneem het deur hul kommentaar. Om ander Christene teen 'n soortgelyke beproewing te beskerm, het die Vogelenzangs Christene aangemoedig om hul LP te besoek en te vra dat die woord 'beledigend' uit die Wet op Openbare Orde verwyder word as deel van die Koalisie se komende Vryheidswetsontwerp. 'Ons het tereggestaan, beskuldig van 'n misdaad. Dit was aaklig. Na 'n twee dae lange verhoor het die regter die saak teen ons uitgegooi. As Christene behoort ons mekaar te help. Ons wil mense help deur seker te maak dat dit nie weer met enigiemand anders kan gebeur nie.'

Bid: dat Christene vryheid van uitdrukking sal hê sonder vrees vir vervolging. (Mt.24:14)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/video-vogelenzangs-call-for-change-to-public-order-law/