Britse kerke reageer op Japan se aardbewing en tsoenami

Die aartsbiskop van Canterbury, dr Rowan Williams, het 'n boodskap van meegevoel aan die Anglikaanse aartsbiskop van Japan, die mees eerwaarde Nathaniel Makoto Uematsu, gestuur, waarin hy ondersteuning en gebede vir die Japannese mense uitgespreek het na die onlangse aardbewing en tsoenami van 8.9. Dr Williams het geskryf: 'Die nuus van die verskriklike aardbewing in Japan het ons almal geskok. Ons wag met besorgdheid op verdere en meer gedetailleerde nuus, maar ek wil dadelik sê dat ons harte en ons gebede uitgaan na almal wat geraak is en dat ons as kerk sal doen wat ons kan om praktiese sowel as geestelike ondersteuning te bied by hierdie tyd van groot lyding en groot angs vir so baie.' Die ontwikkelingsagentskappe van die Britse kerke reageer met praktiese ondersteuning. Die Metodiste het 'n gebed vir die situasie uitgereik, wat by die skakel hieronder gelees kan word.

Bid: vir die mense van Japan en veral vir ons broers en susters in die United Church of Christ in Japan. (Sag.10:8-9)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/14310