Print this page

Brittanje in die greep van 'epidemie van eensaamheid'

Tegnologie en die druk van die moderne lewe word vandag geblameer vir die skep van 'n epidemie van eensaamheid, aangesien toenemende getalle mense op die internet staatmaak om met vriende en familie te kommunikeer. 'n Groot verslag deur die Geestesgesondheidstigting dui daarop dat meer as een uit elke tien mense in Brittanje 'dikwels' eensaam voel, aangesien toenemende getalle kies om alleen te woon, lang ure te werk en mekaar al hoe minder te sien. Die bevindinge, uit 'n opname van meer as 2 200 volwassenes van regoor Brittanje, dui daarop dat eensaamheid mense van alle ouderdomme affekteer, maar dat vroue meer geneig is as mans om gevoelens van isolasie te rapporteer. "Sodra eensaamheid chronies word, is dit moeilik om te behandel," voeg die verslag by. "Mense wat chronies eensaam is, kan in 'n lus van negatiewe gedrag vashaak, en kan ander wegstoot of tydelike kontak soek, soos verskeie seksmaats, wat hulle selfs meer geïsoleer kan maak."

Bid: vir almal wat eensaam is dat God vriendskap in hul lewens sal bring. Bid ook dat die Kerk maniere sal vind om hierdie mense te bereik. (Ps.68:6a)

Meer: http://www.timesonline.co.uk/tol/life_and_style/health/article7135506.ece