Die Biskop van Londen het gewaarsku dat fundamentele konsepte wat noodsaaklik is vir die Britse samelewing onvolhoubaar sal wees sonder 'n Christelike onderbou. Die Rt Revd Richard Chartres het gesê dat Brittanje se kultuur en beskawing op die Bybel gegrond is, en het kommer uitgespreek oor enige ondermyning van daardie grondslag. Rt Eerwaarde Chartres, wat die preek gehou het by verlede maand se koninklike troue, het tydens 'n simposium in die House of Lords oor die Bybel gepraat. Hy het gesê: 'Die ekonomie en politiek moet grond onder hulle hê. In Brittanje is daardie grond Bybels sedert ons vroegste dae – en jy offer dit nie op sonder om baie van wat op daardie grond gebou is op te offer nie.' Die Biskop het ook opgemerk dat konsepte soos waardigheid en verdraagsaamheid 'baie moeilik sou wees om te onderhou sonder 'n Christelike grondslag'.
Bid: vir erkenning van die Woord van God as fundamenteel tot ons samelewing en kultuur. (Deut.31:12)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/bishop-warns-of-threat-to-society-without-the-bible/?e270511