St Paul's het die eerste van Brittanje se top openbare skole geword wat sy kapel afbreek en sonder 'n plek van aanbidding klaarkom. Dit is een van Brittanje se oudste en mees gesogte openbare skole, wat 500 jaar gelede deur die Dekaan van St Paul's Cathedral gestig is. St Paul's School het sy kapel afgebreek om plek te maak vir nuwe wetenskapklaskamers, en word die eerste van die land se voorste openbare skole wat sonder 'n plek van aanbidding klaarkom. Die besluit het die Kerk van Engeland ontstel en klagtes gebring dat die instelling sy rug op sy Christelike erfenis draai ten gunste van 'n meer sekulêre benadering tot onderwys. Die biskop van Londen, ds Richard Chartres, het sy ontsteltenis in 'n brief aan die skool uitgespreek en ds Robert Stanier, 'n Anglikaanse kapelaan en voormalige leerling, het gesê hy is geskok: 'Dit is 'n skool met 'n Christelike grondslag. Hulle bestee byna £80 miljoen en tog kry hulle geen plek vir 'n kapel nie.'
Bid: dat die skoolowerhede hul besluit heroorweeg en ook dat dit nie die begin van 'n nuwe tendens is nie. (2Kon.17:37)