Die biskop van Lichfield het 'n beroep op leiers in die kerk en sekulêre samelewing gedoen om diens aan ander voor hul eie gemak te stel. Die Rt Ds Jonathan Gledhill het die LP's se uitgaweskandaal en bankpraktyke gekritiseer en sommige van vandag se leiers vergelyk met die tirankonings waarvan die profeet Esegiël gepraat het. 'Diegene wat na die mense moes omsien, die kudde, het blykbaar met hul uitgawes geknoei, aan hulself groot bonusse toegeken, terwyl hulle terselfdertyd die pensioene van gewone mense gesny het. Met ander woorde, hulle was in leierskap vir wat hulle daaruit kon kry,' het die biskop gesê. ''n Volk verloor sy sosiale samehang as 'n paar baie gemaklike leiers hulself verryk ten koste van die meerderheid.' Biskop Lichfield het gesê 'n biskop se taak is nie 'om die kerk vir nog 10 jaar aan die gang te hou nie. Hy is hier om ons te help om ons land te dien en diegene wat verstrooi is soos skape sonder 'n herder'.
Bid: vir al ons leiers op watter gebied ook al, dat hulle wys en onbaatsugtig gelei word. (2Kr.12:6)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/bishop.hits.out.at.selfish.leadership/26791.htm