BBC onder skoot vir die misleiding van die publiek

Pinksterkerkleiers is bekommerd dat die BBC doelbewus die publiek mislei het met sy storie oor pastore wat siek pasiënte aanraai om hul medisyne op te gee en op geloof alleen staat te maak om genees te word. Die storie het oor die naweek op BBC TV, radio en aanlynplatforms uitgegaan en was gebaseer op anekdotiese bewyse van 19 dokters en gesondheidswerkers. Tien dokters het gesê hulle het die afgelope vyf jaar MIV-pasiënte teëgekom wat onder druk deur hul pastore gevoel het om op te hou om hul anti-retrovirale middels te gebruik. Maar die storie is as 'bevooroordeeld en ongegrond' bestempel deur ds John Glass – 'n lid van die Alliansie se One People Commission en algemene superintendent van Elim Pinksterkerke, en ds John Partington, algemene superintendent van die Assemblies of God. Saam lei die mans die VK se twee grootste en langste gevestigde Pinksterdenominasies.

Bid: dat die waarheid blootgelê sal word en enige misleidende verslae geïgnoreer sal word. (Spr.12:7)

Meer: http://www.eauk.org/current-affairs/news/bbc-under-fire-for-misleading-public.cfm