Die BBC het 'n realiteitstyl kinderprogram uitgesaai oor 'n gay paartjie wat voorberei vir hul burgerlike vennootskapseremonie. Die program is hernoem vir die uitgawe en is genoem Trou met Pa en Pa in plaas van Trou met Ma en Pa. Die formaat van die reeks behels dat die egpaar se kinders die dag as 'n verrassing organiseer, en die episode het gewys hoe dieselfde geslag egpaar se kinders 'n James Bond-tema dag saamstel. Maandag se program het Mark en Paul vertoon, wat die eerste selfdegeslagpaar was wat kinders op die eiland Jersey aangeneem het. Marrying Dad and Dad is Maandag 12 Augustus op die digitale kanaal CBBC uitgesaai. In Januarie vanjaar het ’n BBC-verslag aanbeveel dat kinders van kleins af aan homoseksualiteit bekendgestel moet word op TV. Die verslag het gesê dat 'toevallige uitbeelding' van lesbiese, gay en biseksuele (LGB) mense geïnkorporeer moet word in programmering wat op kinders gerig is.
Bid: vir die BBC-programmeerders dat hulle nie die aantal sulke programme wat op jong kinders gemik is, sal vermeerder nie. (Spr.3:1)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/bbc-to-air-kids-show-on-gay-marriage/