BBC se godsdienstige uitset daal met 20% in een jaar

Die BBC se godsdienstige uitset het in een jaar met 20 persent gedaal, volgens sy jongste jaarverslag. Een sekularistiese groep het die syfers verwelkom en beweer dat gehore godsdiens as onbelangrik beskou. Maar 'n onlangse BBC Trust-verslag het 'n gebrek aan kennis oor godsdiens onder sommige BBC-personeel uitgelig. Regoor die uitsaaier se TV- en radiostasies het godsdienstige programme in die 2012-’13-tydperk 1 126 uur beloop, af van 1 393 in 2011-’12. Godsdienstige uitset op BBC One het met net drie persent afgeneem, terwyl die algehele radio-inhoud met 'n vyfde van 1 211 tot 975 uur gedaal het. Op die digitale kanaal BBC Four het die aantal ure wat aan godsdiensprogramme gewy word van 53 uur tot vyf gedaal. Terry Sanderson, president van die National Secular Society het gesê: 'Dit is goed dat die BBC eindelik kennis neem van sy gehore - wat volgens sy eie navorsing godsdiens nie as 'n belangrike genre beskou nie en dit amper nooit kyk nie.'

Bid: dat die val van godsdienstige inhoud in die BBC omgekeer sal word en die sekulêre invloed ook aansienlik verminder sal word. (Jes.40:23)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/bbc-religious-output-drops-20-in-one-year/