Print this page

Verbod op Christelike advertensie gehandhaaf

'n Regter het 'n regeringsbesluit gehandhaaf om 'n advertensie te verbied wat 'n beroep op Christene doen om hul ervaring van marginalisering in die werkplek aan te meld. Premier Christian Radio en sy tydskrifpublikasieafdeling CCP Bpk. het die besluit, wat deur die Kultuursekretaris Jeremy Hunt en die Radio Advertising Clearance Centre (RACC) geneem is, betwis op grond daarvan dat dit vryheid van spraak beperk het. Die RACC het beweer die advertensie het 'n politieke doelwit en om dit uit te saai, sou bepalings van die 2003 Kommunikasiewet oortree wat politieke advertensies verbied. By die Londense hooggeregshof het mnr Justice Silber die verbod bekragtig en beslis die oorspronklike RACC-besluit was beide 'rasioneel en wettig'. Regter Silber het gesê die advertensie het probeer om 'veranderinge aan die samelewing aan te bring' deur sy versoek vir inligting van die publiek. Hy het ook tot die gevolgtrekking gekom dat Jeremy Hunt, Kultuursekretaris, se standpunt oor die kwessie nie 'anti-Christelik' was nie. Premier se uitvoerende hoof, Peter Kerridge, sê hy is teleurgesteld oor die uitspraak en glo dat dit meer vrae as antwoorde laat ontstaan.

Bid: dat die beplande appèl tot 'n omgekeerde besluit sal lei. (Jes.5:16)

Meer: http://www.premier.org.uk/news/current/Ban%20on%20Christian%20advert%20upheld.aspx