Die Christen-eienaars van 'n B&B aan die see word gedagvaar omdat hulle geweier het dat twee homoseksuele 'n dubbelbed deel omdat dit strydig met hul Christelike geloof sou wees. Die B&B wat hulle besit, bedryf 'n beleid wat slegs getroude heteroseksuele paartjies toelaat om 'n dubbelbed te deel. Die homoseksuele paartjie beweer dat die weiering om hulle toe te laat om 'n bed te deel 'n 'direkte diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie' was. Hulle maak staat op die Gelykheidswet-regulasies en eis tot £5 000 skadevergoeding teen die hoteleienaars. By die Bristol County Court het Bernie Quinn, wat by die hotel werk, laat deurskemer dat mnr Preddy en mnr Hall se bespreking 'n opset was. Hy het aan die hof gesê dat hy ure voordat mnr. Preddy 'n telefoonbespreking gemaak het, met 'n 'mev. Preddy' gepraat het oor 'n dubbelkamer. "Ons was baie verbaas toe die twee here die volgende dag opdaag," het mev. Bull, die eienaar, gesê.
Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/sexual-orientation/christian-bb-owners-sued