Ateïste bots oor planne om 'tempel' in Londen te bou

Twee van die land se mees prominente ateïste het gebots oor planne om 'n £1 miljoen 'tempel vir ateïste' in die Stad van Londen te bou. Alain de Botton, 'n filosoof en skrywer, wil 'n toring van 46 meter bou om ateïsme as 'n positiewe krag te vier. Hy sê die struktuur sal 'nuwe ateïsme' vier en as 'n teenmiddel optree teen die 'aggressiewe' ateïsme van mense soos Richard Dawkins. Maar professor Dawkins, die skrywer van die God Delusion, sê die projek is 'n vermorsing van geld en 'n teenstrydigheid in terme. Hy het gesê: 'Ateïste het nie tempels nodig nie. Ek dink daar is beter dinge om hierdie soort geld aan te bestee.' David Robertson, direkteur van die Christelike groep Solas, het gesê: 'Vir eens vind ek dat ek gedeeltelik met Richard Dawkins saamstem. Aangesien ons voortdurend vertel word dat ateïste niks glo nie, lyk dit tog ietwat dom en belaglik om 'n tempel vir ongeloof op te rig.'

Bid: dat Paulus se boodskap in Handelinge 17 diegene sal bereik wat poog om 'n onbekende God te aanbid. (Hand.17:23)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/atheists-clash-over-plans-to-build-%E2%80%98temple-in-london/