Ateïstiese dokters

Dokters wat ateïsties of agnosties is, is twee keer so geneig om besluite te neem wat die lewe van iemand wat terminaal siek is kan verkort as dokters wat diep godsdienstig is. Dokters met sterk godsdienstige oortuigings is minder geneig om sulke besluite met die pasiënt te bespreek, volgens professor Clive Seale, van die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe by Barts en die London School of Medicine and Dentistry. Dokters word net soos ander mense deur hul oortuigings beïnvloed, het Seale gesê. "Dit is maklik vir klinici om hulself as neutrale toepassings van wetenskap voor te hou, maar waardes kom daarin," het hy gesê. Dit word in aborsiesorg aanvaar, maar die kwessie is nog nie wyd bespreek in die sorg van sterwendes nie. Seale se studie, gepubliseer in die Journal of Medical Ethics, is gebaseer op 'n opname van dokters wat spesialiseer in sorg vir mense aan die einde van hul lewe, soos neurologie, bejaardes en palliatiewe sorg sowel as algemene praktyk.

Bid: vir dokters, versorgers, pasiënte en nabye familie terwyl hulle saamwerk om die terminaal siekes te versorg. (3 Joh:8)

Meer: http://www.guardian.co.uk/society/2010/aug/26/doctors-religious-beliefs-terminally-ill