Print this page

Aartsbiskop: 'Angstige tyd' vir Christene regoor die Midde-Ooste

Christene loop die gevaar om slagoffers te word van ekstremistiese elemente in die nasleep van die Arabiese Lente, het die aartsbiskop van Canterbury gewaarsku. Dr Rowan Williams het hierdie week met die BBC gepraat en gewaarsku teen 'n 'baie angstige tyd' wat voorlê vir Christene in die Arabiese wêreld en die Midde-Ooste. Hy het kommer uitgespreek oor die vlak van aanvalle op Christene en die verbranding van kerke in Egipte, wat daarop dui dat mense onbewus is van die ware omvang van geweld wat teen gelowiges in die streek gepleeg word. Hy het gepraat oor sy hoop vir die ontstaan van demokrasie ná die onrus van die afgelope halfjaar en gesê dat 'n deelnemende demokrasie in minderhede se belang sal wees omdat 'goeie demokrasieë na minderhede omsien'. Die aartsbiskop het egter kommer uitgespreek dat Christelike minderhede in die onmiddellike toekoms aan aanvalle onderworpe sal wees te midde van die voortdurende omwenteling. Hy het aan BBC Radio 4 gesê: 'Daar is geen twyfel dat dit 'n baie angstige tyd vir Christelike gemeenskappe is nie.'

Bid: vir Christene regoor die Midde-Ooste dat God hulle sal beskerm en gebruik om versoening en vrede te bring waar hulle geplant is. (Joh.17:15)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/archbishop.warns.of.anxious.time.for.christians.in.middle.east/28163.htm