Aartsbiskop loods 'n beroep vir Christene in Heilige Land

Die aartsbiskop van Canterbury het 'n beroep gedoen ten bate van lydende Christene in die Heilige Land. Dr Rowan Williams het 'n beroep op Anglikane en ander gedoen om mildelik te gee aan die fonds wat gebruik sal word om gemeenskapsprojekte te ondersteun wat daarop gemik is om te help om kwesbare Christelike gemeenskappe te onderhou. 'Ons weet ons broers en susters daar ly, en ons vra onsself nie altyd genoeg af wat ons reaksie moet wees nie,' het hy gesê. Die fondse sal veral Christelike gemeenskappe in die Wesoewer ondersteun. Die appèl is geloods voor 'n konferensie volgende week oor Christene in die Heilige Land wat gesamentlik deur dr Williams en die aartsbiskop van Westminster, Vincent Nichols, aangebied word. Ongeveer 200 000 Christene woon in Israel en die Palestynse Gebiede, maar baie het hul tuisland verlaat vir 'n veiliger lewe in die buiteland. (Sien Wêreld-artikel 6 hieronder)

Bid: vir ons Christenbroers en -susters en God se salwing op hulle werk in die bou van die Koninkryk. (1Kr.22;10)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/archbishop.launches.appeal.for.christians.in.holy.land/28288.htm