’n Straatprediker is Woensdag in Basildon in hegtenis geneem ná ’n klag deur ’n lid van die publiek. Die Christian Legal Centre berig dat Rob Hughes sewe en 'n half uur lank by die Basildon-polisiestasie aangehou is voordat hy omstreeks 23:30 sonder aanklag vrygelaat is. Die CLC berig hy is ingevolge artikel 5 van die Wet op Openbare Orde aangehou op grond daarvan dat hy “teistering, alarm of benoudheid veroorsaak het”, ’n beskuldiging wat hy ontken het. Die sentrum het hom bygestaan deur 'n prokureur te verskaf om hom tydens die polisie-onderhoud te help. “Ek is so dankbaar dat die Christian Legal Centre vinnig en doeltreffend in my situasie kon reageer,” het Hughes agterna gesê. Hy het bygevoeg dat hy voel dat Christelike straatpredikers “skuldig geag word totdat hulle onskuldig bevind word”. “Dit gebeur nou onrusbarend gereeld,” het die Christian Legal Centre gesê, wat voorheen gewaarsku het oor ’n “bekamping van vryheid van spraak” waar Christelike sienings oor seksuele etiek uitgespreek word.
Bid: dat die polisie ten volle bewus gemaak word van die leiding wat voorheen gegee is wat die vryheid van spraak in hierdie omstandighede verseker. (Ps.58:1)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/another.street.preacher.arrested/33876.htm