Anglikane kom bymekaar om nuwe vennootskappe met gesondheidsdienste te beplan

Byna 200 kerkleiers en medici het hierdie week in Birmingham, Engeland, bymekaargekom om nuwe inisiatiewe in gesondheidsorg te beplan. Teen die agtergrond van toenemende chroniese siektes in die Verenigde Koninkryk, sal kerke en Christelike algemene mediese praktisyns (GP's) hul inisiatiewe uiteensit om hierdie tendens om te keer. Konferensiesameroeper en koördineerder van die Anglikaanse Gesondheidsnetwerk, Eerwaarde Paul Holley, het gesê: 'Terwyl die VK se Nasionale Gesondheidsdiens mediese dienste lewer, hang mense se geestelike en fisiese gesondheid veel meer af van hul lewenstyl. Swak diëte, gebrek aan oefening en meedoënlose stres eis hul tol. Meer mense woon alleen en het nie die ondersteuning van intieme en gemeenskapsverhoudings om welstand te bevorder nie. Mnr Holley het daarop gewys dat kerke mense in hul verskillende omstandighede deur gebed ondersteun het, 'maar nou neem hulle toenemend praktiese aksie om hierdie oorsake van swak gesondheid aan te pak. Die konferensie sal die wye reeks aktiwiteite wat reeds aan die gang is, sigbaar maak.'

Bid: vir die geleenthede wat die Kerk het in vennootskap met gesondheidsdienste wat God se perspektief en die krag van gebed in gesondheidsorg bring. (3Joh.1:2)

Meer:http://www.anglicancommunion.org/acns/news.cfm/2013/4/23/ACNS5384