Woede oor 'Bybels vir die howe'-veldtog

Die Skotse Bybelgenootskap (SBS) het deur die National Secular Society onder skoot gekom omdat hulle duisende Bybels na Skotse regshowe en regters gestuur het. Die veldtog is in Julie deur die organisasie se erepresident, Lord Mackay van Clashfern, van stapel gestuur om die Bybel geredelik beskikbaar te stel aan beoordelaars as 'n naslaanboek. Terry Sanderson van die National Secular Society het gesê die veldtog 'kan die Sharia-wette van die Midde-Ooste in die skande bring'. SBS stuur Bybels aan regters in die Hof van Session en elk van die Baljuhowe in Skotland, die Fakulteit van Advokate Biblioteek, die Kroonkantoor en landwye kantore van die Prokurator Fiskale Diens. SBS het 'n pamflet, getiteld The Bible in Scots Law: A Guide for Legal Practitioners, vervaardig om die Bybels te vergesel. Daarin praat Lord Mackay, 'n voormalige Konserwatiewe Kabinetslid, van hoe 'noodsaaklik belangrik' die Bybel is om leiding vir die daaglikse lewe te gee.

Bid : dat hierdie inisiatief regters sal help om die Bybelse grondslae van die Skotse reg en die relevansie daarvan vandag te verstaan. (Heb.4:12)

Meer: h ttp://www.christiantoday.com/article/secularists.angry.with.groups.bibles.for.the.courts.campaign/26523.htm