Alleen by Kersfees bekommernis

Met 'n nuwe studie wat voorspel dat meer as 'n 10de van Brittanje se ouer as 65-jariges Kersfees alleen sal deurbring, word Christene aangeraai om te verseker dat ouer mense in hul gemeenskappe hierdie feestyd versorg word. Navorsing wat verlede week deur die openbare teologie-denktenk Theos gepubliseer is, het aan die lig gebring dat mense wat 65 jaar of ouer is, heel waarskynlik hierdie Kersfees sonder die geselskap van familie of vriende sal wees. Volgens die studie sal 11 persent van diegene in hierdie ouderdomsgroep op hul eie wees tydens volgende week se viering, vergeleke met net ses persent van die bevolking as geheel. As gevolg hiervan waarsku die direkteur van Theos, Paul Woolley, nou dat mense 'bekommerd moet wees' oor hierdie bevindings. Terselfdertyd is gemeentelede herinner aan die behoefte om bevriend te raak met en na bejaardes in hul gemeenskappe om te sien.

Bid: dat die Kerk hierdie Kersfees na die eensames sal uitreik en dat God hulle met Sy teenwoordigheid sal seën. (Spr.18:16)

Meer: http://www.methodistrecorder.co.uk/mrhlines.htm