Print this page

Suuraanvalle op Britse meisies in Zanzibar 'gekoppel aan Al-Kaïda'

Van die bende is glo lede van die Islamitiese ekstremistiese groep Al-Sjabaab, wat met Al-Kaïda verbind word. Die Brits Kirstie Trup en Katie Gee, albei 18, het littekens in die gesig en liggaam opgedoen nadat suur vanaf 'n brommer na hulle gegooi is. Hulle was die slagoffers van een van vyf suuraanvalle in die gebied in minder as 'n jaar - waarvan die jongste op 'n Katolieke priester was. Die motief vir die aanvalle was aanvanklik onduidelik, maar berigte dui nou daarop dat dit dalk die werk van terroriste was. Die polisie het ook beslag gelê op 29 liter suur, wat hulle vrees in toekomstige aanvalle gebruik gaan word.

Bid: dat die meisies sal herstel en dat die owerhede die oortreders sal opspoor. (Spr.21:15)

Meer: http://europenews.dk/en/node/71788