11- en 12-jariges op die pil

Meer as 1 000 meisies in die eerste jaar van hoërskool is verlede jaar die voorbehoedpil voorgeskryf, volgens nuwe syfers. Dit verteenwoordig 'n vyfvoudige toename in die afgelope dekade, en kritici is bekommerd oor die toenemende seksualisering van die land se kinders. Die syfers, uit die Algemene Praktyknavorsingsdatabasis, het ook aan die lig gebring dat 200 meisies tussen die ouderdomme van 11 en 13 verlede jaar langtermyn-geïnplanteerde of inspuitbare voorbehoedmiddels voorgeskryf is. Dr Trevor Stammers, 'n algemene praktisyn en voorsitter van die Christian Medical Fellowship, het gesê: 'Hierdie syfers illustreer die feit dat die VK die seksualisering van jongmense op 'n steeds jonger ouderdom fasiliteer'. As seksvoorligting in laerskole ingestel word op die manier wat voorgestel word, sal ons baie meer 11-jariges sien wat voorbehoeding soek en as ons huisdokters betaal om voorbehoedmiddels uit te gee sonder om die risiko's uit te wys, gaan ons sake vererger'.

Bid: vir ons jongmense, en vir leiding en ondersteuning om die seksualisering van die jongmense te weerstaan. (Ps.34:11)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/more-than-1000-11-and-12-year-olds-are-on-the-pill/